SKILDKLIER-PROBLEME is redelik algemeen onder vroue en ditkan nogal amok maak met veral jou gewig, asook jou algemene voorkoms.
Die skildklier lyk baie soos ’n skoenlapper en is voor in jou nek geleë. Hierdie klier produseer hormone wat jou metabolisme reguleer en dus vir jou liggaam sê om kos vir energie te verbrand.
Dis daarom nie moeilik om te dink wat die gevolg is as hierdie klier nie behoorlik funksioneer nie – jou metabolisme word stadiger en jy tel gewig op.
Die teenoorgestelde is natuurlik ook waar as jy ’n ooraktiewe skildklier het. Jy verloor gewig sonder dat jy probeer of noodwendig wil.
Skildklierproblemekanook jou energievlakke en bui beïnvloed.
Terwyl diegene met ’n onderaktiewe skildklier dikwels moeg en depressief voel,kanvroue wat met ’n ooraktiewe skildklier sukkel, angstig voel en dikwels sukkel om te slaap.
Nog ’n slegte nadraai van skildklierprobleme is haarverlies. Enige afwyking van hierdie klierkanveroorsaak dat jou hare uitval, maar die goeie nuus is darem dat jou hare sal teruggroei sodra jy die probleem uitgesorteer het.
As jou skildklier onderaktief is, sal jy moontlik ook meer geneig wees om vinnig koud te kry, terwyl ’n ooraktiewe skildklierkanveroorsaak dat jy maklik warm kry en meer as gewoonlik sweet.
Nog simptome van ’n onderaktiewe skildklier wat ’n vrou se voorkoms negatiefkanbeïnvloed, is bros naels en droë hare.
Skildklier-probleme is geneig om jou hormone aan te tas en daarom verwar baie vroue dit met menopouse.
’n Bloedtoets sal egter gou vir jou wys wie die sondaar is.
Volgens die Amerikaanse skildkliervereniging behoort almal vanaf die ouderdom van 35 elke vyf jaar vir skildklierprobleme getoets te word. As jy egter ’n familiegeskiedenis hiervan het,kanjy maar meer gereeld by jou dokter inloer.
Dit is ook nie ’n siekte om mee te speel nie. As jy ’n ooraktiewe skildklier onbehandel laat,kanjou cholestrol-vlakke styg en jou kanse om ’n hartaanval of beroerte te kry verhoog.
’n Onderaktiewe skildklierkanweer lei tot bros bene en hartprobleme.
Indien jy met skildklierprobleme gediagnoseer word, sal jou dokter waarskynlik vir jou hormone in die vorm van ’n pil voorskryf. Jy behoort binne ’n paar weke agter te kom dat jou simptome verbeter.
As jy vermoed dat jy probleme met jou skildklier het, maak ’n afspraak met jou dokter voordat jy onnodig geld aan allerlei skoonheidskure bestee wat waarskynlik vrugteloos sal wees.
– Bron: http://www.webmd.com/diet/ss/slideshow-weight-gain-shockers, http://thyroidabout.com en www.womentowomen.com.)Kontak my gerus met enige vrae, voorstelle en kommentaar by mode@volksblad.com.
- Volksblad
Ek het na 45 jaar op hou menstrueer – ek kry “hot flashes” by tye en kry gou warm. Ek is 4 jaar al ‘n diabeet 2 – ek het 25 kg in 4 jaar verloor, van 113 na 88. Probeem is my hare het al hoe minder begin word en my naels baie bros en gebreek. Dit is nou al so erg dat dit ‘n probleem begin word het. Wat kan ek doen? moet ek my skildklier laat toets